Coma-sterrestelselswerm

Coma-sterrestelselswerm

’n Mosaïek van die Coma-sterrestelselswerm in langgolflengte-infrarooi (rooi), kortgolflengte-infrarooi (groen) en sigbare lig.
Soort Sterrestelselswerm
Sterrebeeld Berenike se Hare
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 12h 59m 49s[1]
Deklinasie +27° 58′ 50″[1]
Afstand (ligjaar) 333 miljoen[1]
Rooiverskuiwing 0,0231 (6 925 km/s)[1]
Helderste stelsel NGC 4874 en NGC 4889
Aantal stelsels > 1 000
Bindingsmassa ~7×1014 M[2]
Ander name
Abell 1656
Portaal Portaalicoon Sterrekunde

Die Coma-sterrestelselswerm (Abell 1656) is ’n groot sterrestelselswerm met meer as 1 000 geïdentifiseerde sterrestelsels. Dit en die Leo-sterrestelselswerm (Abell 1367) is die twee grootste swerms wat die Coma-superswerm vorm.[3] Die Coma-swerm is geleë in die sterrebeeld Berenike se Hare (Coma Berenices) en is na dié sterrebeeld genoem.

Die swerm se gemiddelde afstand van die Aarde af is 321 miljoen ligjare (99 miljoen parsek).[4][5] Sy 10 helderste spiraalsterrestelsels het ’n skynbare magnitude van 12–14 en is sigbaar met amateur-teleskope groter as 20 cm.[6] Die sentrale streek word oorheers deur twee reusagtige elliptiese sterrestelsels: NGC 4874 en NGC 4889.[7]

Die swerm is ’n paar grade van die galaktiese noordpool. Die meeste van die stelsels in die sentrale deel is ellipties. Daar is talle reuse- en dwergstelsels in die Coma-swerm.[8]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 "NASA/IPAC Extragalactic Database". Results for Abell 1656. Besoek op 19 September 2006.
  2. Gavazzi, R.; Adami, C. (2009). "A weak lensing study of the Coma cluster" (PDF). Astronomy and Astrophysics. 498 (2): L33–L36. Bibcode:2009A&A...498L..33G. doi:10.1051/0004-6361/200911841. Besoek op 26 Februarie 2012. {{cite journal}}: Onbekende parameter |coauthors= geïgnoreer (hulp); Onbekende parameter |month= geïgnoreer (hulp)
  3. "The Coma Supercluster".
  4. "2MASS Atlas Image Gallery: Galaxy Groups and Clusters" (in Engels). Infrared Processing and Analysis Center. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Januarie 2018. Besoek op 2 Mei 2010.
  5. Colless, M (2001). "Coma Cluster". Encyclopedia of Astronomy and Astrophysics. Ed. P Murdin. Bristol Institute of Physics publishing. URL besoek op 2006-10-08.  Geargiveer 16 Mei 2011 op Wayback Machine
  6. Singapore Science Centre. "ScienceNet – Astronomy & Space Science – Observatories/ Telescopes – Question No. 13490". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 November 2005. Besoek op 25 Februarie 2012.
  7. Conselice, Christopher J., Gallagher, John S., III (1998). "Galaxy aggregates in the Coma cluster" (PDF). Monthly Notices of the Royal Astronomical Society. 297 (2): L34–L38. arXiv:astro-ph/9801160. Bibcode:1998MNRAS.297L..34C. doi:10.1046/j.1365-8711.1998.01717.x. Besoek op 6 Maart 2012.{{cite journal}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  8. Newswise: Hubble's Sweeping View of the Coma Cluster of Galaxies URL besoek op 11 Junie 2008.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search